Jou hele plaas in een prentjie.
Veldboek hou reënval, aanplantings, koste en diere op een plek. Jy weet wat elke kamp jou kos, wat hy inbring, en hoe dit met vorige seisoene vergelyk.
Reënval · Welgevind · 2025/26
Laaste inskrywings
Spreadsheets vergeet.
Reënval, aanplantings, koste en diere het in spreadsheets en mense se koppe gelê. Elke keer as iets oorgetik word, kan 'n fout insluip, en niemand sien die volle prentjie nie.
Alles op een plek
- Reën, koste, aanplantings en diere in een boek
- Elke inskrywing gekoppel aan die regte kamp
- Geen oortikwerk tussen spreadsheets nie
Ken jou gelykbreekpunt
- Boek elke uitgawe teen die kamp waar dit spandeer is
- Sien presies wat die oes moet lewer om koste te dek
- Weet lank voor stroop al waar wins begin
Vergelyk oor seisoene
- Opbrengs per hektaar, hierdie jaar teen laas jaar
- Koste per kamp, seisoen na seisoen
- Reënval vergelyk met enige vorige seisoen
Was dit régtig droër, of voel dit net so?
Elke meting word in sekondes aangeteken, van die stoep of die bakkie. Oor die jare bou dit 'n prentjie wat jy teen enige seisoen kan hou.
1.0Reënval

Wat kos dié kamp jou régtig, en waar begin die wins?
Saad, diesel, bespuiting en kunsmis word teen die kamp geboek. Die gelykbreekmeter wys hoeveel van die oes die koste betaal het.
2.0Geldsake

Wat het jy twee seisoene gelede hiér gesaai?
Elke kamp se aanplantings en bespuitings, jaar vir jaar, op een skerm. Rotasie beplan jy met die geskiedenis voor jou.
3.0Kampe
Hoeveel voëls staan vandag in kamp sewe?
Elke trop se getalle, bewegings en dosering word gevolg van aankoms tot verkoop. Volstruise, beeste en skape, alles in dieselfde boek.
4.0DiereGebou op die plaas.
Reg vir die volgende seisoen.
Gebou op Somona en Grootrug, twee werkende plase.
Sluit aan by die waglys
Los jou besonderhede en ons laat jou weet sodra Veldboek vir jou plaas oop is.